Czytaj książkę: «‘n Soeke van Helde », strona 17

Czcionka:

Thor kyk af en sien skielik ‘n reuse Witrug seil tussen sy voete. Hy staan daar, hulpeloos, terwyl dit draai rondom sy bene, dan sy middel, dan sy arms. Hy voel homself besig om te versmoor, die lêwe uit uitgedruk, terwyl die slang om hom draai al in die rondte en hom in die gesig staar, duime weg, sissend, die lang tong raak amper aan Thor se wang. En dan maak dit sy mond wyd oop, ontbloot reuse slagtande, leun vorentoe, en sluk Thor se gesig in.

Thor gil, en vind homself dan alleen staan binne in die Koning se kasteel. Dit was total leeg, geen troon oor waar dit gewoontlik was nie. Die Bestemmings Swaard lê op die grond, onaangeraak. Die vensters was almal stukkend, gevlekte glas lê in hope op die steen. Hy hoor veraf musiek, draai in die rigting van die geluid, en loop deur een leë kamer na die ander leë kamer. Uiteindelik bereik hy reuse dubbel deure, ‘n honderd voet hoog, en maak dit oop met al sy mag.

Thor staan by die ingang na die koninklike feeste saal. Voor hom was twee lang fees tafels uitgestrek oor die kamer, oorlaai met kos--- dog leeg met mense. By die verste kant vam die saal was een man. Koning MacGil. Hy sit op sy troon, staar reguit na Thor. Hy lyk so ver weg.

Thor voel hy moet hom bereik. Hy begin loop oor die groot kamer nader aan hom, tussen die fees tafels. Soos hy gaan, word al die kos aan beide kante van hom sleg, word vrot met elke treë wat hy neem, word swart en onmiddelik bedek met vlieë. Vlieë vlieg en swerm oral om hom, skeur die kos uitmekaar.

Thor loop vinniger. Die Koning was besig om nader te raak nou, skaars tien voet weg, waneer ‘n kneg te voorskyn kom uit ‘n sy kamer en dra ‘n reuse beker wyn. Dit was ‘n opmerklike beker, gemaak van soliede goud en bedek in rye robyne en saffiere. Terwyl die koning nie kyk nie, sien Thor die kneg gooi ‘n wit poeier in die beker. Thor besef dit was gif.

Die kneg bring dit nader, en MacGil reik af en gryp dit met albei hande.

“Nee!” skree Thor.

Thor spring vorentoe, probeer om die wyn weg te stamp van die Koning.

Maar hy was nie vinnig genoeg nie. MacGil drink die wyn in groot slukke. Dit stroom langs sy wange af, by sy bors af, terwyl hy dit klaar maak.

Macgil draai en kyk na Thor, en sy oë rek wyd. Hy reik op en gryp sy keel totdat, stikkend, val hy om en val van sy troon af; hy val kant toe, beland hard op die klip vloer. Sy kroon rol van dit af, tref die klip vloer met ‘n klang, en rol etlike voet.

Hy lê daar, bewegingloos, oë oop, dood.

Estopheles vlieg af, land op MacGil se kop. Dit sit daar, kyk reguit na Thor, en skree. Die klank was so skirl, dit stuur ‘n rilling teen Thor se ruggraat op.

“Nee!” skree Thor.

*

Thor word skreeuend wakker.

Hy sit regop, kyk oral rond, sweetend, haal hard asem, probeer uitmaak waar hy was. Hy lê steeds op die grond, op Argon se berg. Hy moes hier aan die slaap geraak het. Die mis was weg, en as hy opkyk sien hy dat dit dagbreek was. ‘n Bloedrooi son was besig om te breek oor die horison, verlig die dag. Langs hom, het Krohn gehuil, spring op sy skoot, en lek sy gesig.

Thor druk Krohn met een hand terwyl hy hard asem haal, probeer agterkom of hy wakker was of slaap. Dit neem hom ‘n lang ruk om te besef dat dit ‘n droom was. It het so eg gevoel.

Thor hoor ‘n geskree en draai om te sien Estopheles sit op ‘n klip, net ‘n voet weg. Die groot voël kyk reguit na hom en skree, oor en oor.

Dit stuur ‘n rilling teen Thor se ruggraat op. Dit was dieselfde skree van sy droom, en op daardie oomblik wee thy, met elk eons van sy liggaam, dat die droom ‘n boodskap was.

Die Koning gaan vergiftig word.

Thor spring tot op sy voet, en in die breekende lig van dagbreek, hardloop hy berg af, oppad na Konings Hof. Hy moes by die Koning kom. Hy moes hom waarsku. Die Koning mag dink hy was mal, maar hy het geen keuse nie---hy sal doen wat hy ookal kan om die Koning se lêwe te red.

*

Thor jaag oor die valbrug, naêl vir die kasteel se buitenste hek, en gelukkig, herken die twee wagte hom van die Legioen. Hulle laat hom deur sonder om te stop, en hy hou aan hardloop, Krohn aan sy sy.

Thor naêl oor die koninklike vierkant, verby die fonteine, en hardloop, en hardloop reg na die binne hek van die Koning se kasteel. Daar staan vier wagte, blokkeer sy weg.

Thor stop, hygend na asem.

“Wat is jou doel, seun?” vra een van hulle.

“Jy verstaan nie, jy moet my inlaat,” hyg Thor. “Ek moet die Koning sien.”

Die wagte kyk na mekaar, skepties.

“Ek is Thorgrin, van die Koning se Legioen. Julle moet my deurlaat.”

“Ek weet wie hy is,” sê een wag aan die ander. “Hy is een van ons.”

Maar die hoof wag tree vorentoe.

“Watse besigheid het jy met die Koning?” druk hy.

Thor sukkel nog om sy asem te kry.

“Baie dringende besigheid. Ek moet hom onmiddelik sien.”

“Wel, hy kon jou nie verwag nie, want jy is misingelig. Ons Koning is nie hier nie. Hy is weg met sy gevolg ure gelede, op hof besigheid. Hulle sal nie terugkeer tot vanaand nie, tot die koniklike feesmaal.”

“Fees?” vra Thor, sy hart hamerend. Hy onthou sy droom, die fees tafels, en onheilspellend voel hy dit word werklikheid.

“Ja, fees. As jy een van die Legioen is, is ek seker jy sal daar wees. Maar nou is hy weg, en daar is geen manier wat jy hom kan sien nie. Kom terug vanaand, saam met die ander.”

“Maar ek moet hom ‘n boodskap gee!” dring Thor aan.”voor die fees!”

“Jy kan die boodskap by my los as jy wil. Maar ek kan dit nie vroeër as jy aflewer nie.”

Thor wou nie so ‘n boodskap by ‘n wag laat nie; hy besef dit sou mal klink. Hy sal dit self moet aflewer, vanaand, voor die fees. Hy bid net dat dit nie te laat sal wees nie.

HOOFSTUK-SEWE-EN-TWINTIG

Thor haas terug na die Legioen se barakke met die douvoordag, gelukkig arriveer hy voor die dag se opleiding begin. Hy was uitasem toe hy daar aankom, Krohn aan sy kant, en hy hardloop na die ander seuns net soos hulle is wakker word, besig om voor te berei vir die dag se opdragte. Hy het daar gestaan, hygend, meer ontsteld as ooit. Hy het skaars geweet hoe hy dit sou maak deur die dag se opleiding; hy sou wees aftel die minute tot die aand se fees, totdat hy die Koning kon waarsku. Hy het gevoel sekere van die teken na hom gekom, sodat hy kon die waarskuwing te lewer. Die lot van die koninkryk het gerus op sy skouers.

Thor hardloop tot langs Reece en O'Connor terwyl hulle hul pad baan uit in die veld, lyk uitgeput, en het begin om ‘n lyn te vorm.

"Waar was jy gisteraand?" vra Reece.

Thor wens hy het geweet hoe om te reageer---maar hy het nie regtig weet waar hy homself bevind het nie. Wat is hy veronderstel is om te sê? Dat hy aan die slaap geraak het buite op die grond, op Argon se berg? Dit het geen sin nie, selfs nie aan hom.

"Ek weet nie," antwoord hy, sonder om te weet hoeveel om hulle te vertel.

“Wat bedoel jy, jy weet nie?” vra O’Connor.

“Ek het verdwaal,” sê Thor.

“Verdwaal?”

“Wel dan is jy gelukkig jy het dit teruggemaak toe jy het,” sê Reece.

“As jy laat teruggekom het vir die dag se opdragte, sou hulle jou nie terug in die Legioen laat nie,” voeg Elden by, kom tot langs hulle, klap ‘n groot hand op sy skouer. “Goed om jou te sien. Jy was gemis gister.”

Thor was steeds geskok oor die verskil in hoe Elden hom behandel sedert hulle tyd op die ver kant van die Aardtrog.

“Hoe het dinge verloop met my suster?” vra Reece in ‘n lae toon.

Thor bloos, onseker hoe om te antwoord.

“Het jy haar gesien? Druk Reece.

“Ja ek het,” begin hy. “ ons het ‘n wonderlike tyd gehad. Alhoewel ons baie vinnig moes uitmekaar gaan.”

“Wel,” gaan Reece voort, terwyl hulle sy-aan-sy in lyn kom voor Kolk en die Koning se manne, “jy sal meer van haar sien vanaand. Trek jou beste aan. Dit is die Koning se fees.”

Thor se maag val. Hy dink aan sy droom en voel asof die noodlot dans voor sy oë---en dat hy hulpeloos was, bestem om niks te doen, maar toekyk hoe dit ontvou.

“STIL!” gil Kolk, terwyl hy begin op en af loop voor die seuns.

Thor word styf saam met die ander soos hulle stil word.

Kolk loop stadig op en af met die lyne, elkeen opmeet.

“Jule het jul pret gehad gister. Nou is terug na opleiding. En vandag, sal julle die antieke kuns leer van sloot-grawing.”

‘n Sameswerende kreun rys op tussen die seuns.

“STILTE!” skree hy.

Die seuns word stil.

“Sloot-grawing is harde werk,” gaan Kolk voort.” Maar dit is belangrike werk. Jy sal jouself eendag bevind daar buite in die wilderness, beisg om ons koninkryk te beskerm, met niemand wat jou help nie. Dit sal vriesig koud wees, so koud dat jy nie jou tone kan voel nie, in die donkerte van die nag, en jy sal enigiets doe nom warm te bly. Of jy sal jouself in ‘n geveg bevind, waarin jy moet skuiling soek om jou te beskermm teen vyande se pyle. Daar mag dalk ‘n miljoen redes wees waarom jy ‘n sloot nodig sou hê. En ‘n sloot mag jou beste vriend wees.”

“Vandag,” gaan hy voort, maak sy keel skoon, “julle sal die hele dag spandeer om te grawe, tot julle hande rooi is met eelte en julle rue breek, en julle kan dit nie meer vat nie. Dan, op die dag van ‘n geveg, sal dit nie so erg wees nie.”

“VOLG MY!” skree Kolk.

Daar kom ‘n nuwe kreun van teleurstelling waneer die seun twee lyne vorm en begin marsjeer oor die veld, hulle vol Kolk.

“Wonderlik,” sê Elden. Sloot-grawing. Presies hoe ek die dag wou spandeer.”

“Kon erger gewees het,” sê O’Connor. “Dit kon gereën het.”

Hulle kyk op in die lug, en Thor sien dreigende wolke bokant hulle.

“Dit mag dalk,” sê Reece. “moet dit nie beheks nie.”

“THOR!” kom ‘n roep.

Thor draai om te sien Kolk gluur na hom, aan die een kant. Hy hardloop na hom toe, wonder wat hy verkeerd gedoen het.

“Ja, Heer.”

“Jou ridder het jou ontbied,” sê hy kortliks. “Raporteer aan Erec by die kasteel gronde. Jy is gelukkig: jy is van diens af vandag. Jy sal jou ridder dien in plaas daarvan, soos all goeie edelmanne moet. Maar moenie dink jy kom uit sloot-grawing nie. Waneer jy more terugkeer, sal jy alleen slote grawe. Nou gaan!” skree hy.

Thor draai om en sien die benydige kyke van die ander, hardloop dan van die veld af, in die rigting van die kasteel. Wat wou Erec van hom hê? Het dit iets met die Koning te doen?

*

Thor hardloop deur Konings Hof, draai by ‘n paadjie af waar hy nog nooit was nie---oppad na die kasernes van die Silwer. Hulle kasernes was baie deftiger dan die van die Legioen, hulle geboue twee keer die grote, belyn met koper, en hulle paaie geplaveer met nuwe klip. Om daar te kom, moes Thor deur ‘n groot geboogte hek gaan waar ‘n dosyn van die Koning se manne wag staan. Die pad verbreed dan, strek uit oor ‘n massiewe, oop veld en wat dan die hoogtepunt bereik in ‘n kompleks van klip geboue omring deur ‘n heining, en dosyne meer ridders wat wag staan. Dit was ‘n indrukwekkende beeld selfs van daar af.

Thor hardloop by die pad af, opmerklik in die oop veld. Die ridders was reeds voorberei vir sy aankoms, selfs al was hy so ver weg, tree hulle vorentoe en kruis hulle lanse, kyk reguit vorentoe, ignoreer hom terwyl hulle sy weg blokkeer.

“Watse besigheid het jy hier?” vra een van hulle.

“Ek rapporteer vir my pligte,” antwoord Thor. “Ek is Erec se Edelman.”

Die ridders ruil ‘n behoede blik uit, maar ‘n ander ridder stap vorentoe en knik. Hulle staan terug, ontkruis hulle wapens, en die hek maak stadig oop, die metaal speke lig, krakend. Die hek was massief, ten minste twee voet dik, en Thor dink dat die plek selfs meer beveilig is as die Koning se kasteel.

“Die tweede gebou aan die regter kant,” skree die ridder. “Jy sal hom in die stalle vind.”

Thor draai en haas af in die pad deur die vierkant, verby ‘n kamp van klip geboue, neem dit alles in. Alles was glimmend hier, vlekkeloos, perfek onderhou. Die hele plek het ‘n aura van sterkte. Thor het die gebou gevind, en was betower by die beeld voor hom: dosyne van die grootste en mees fantastiese perde wat hy ooit gesien het, was vasgemaak in netjiese toue buitekant die gebou, meeste van hulle bedek in wapenbedekking. Die perde glinster. Alles hier was groter en deftiger.

Regte ridders stap verby in elke rigting, dra verskeie wapens, gaan deur die vierkant op hulle pad in of uit verskeie hekke. Die plek was nie oor opleiding nie, dit was oor oorlog. Lewe en dood.

Thor gaan deur ‘n klein, geboogte ingang, af met ‘n verdonkerde gang van klip, en haas verby stal na stal, opsoek na Erec. Thor bereik die einde van dit, maar hy was nêrens te vinde nie.

“Op soek na Erec, is jy?” vra ‘n wag.

Thor draai en knik.

“Ja, my Heer. Ek is sy Edelman.”

“Jy is laat. Hy is reeds buite, besig om sy perd voor te berei. Beweeg vinnig dan.”

Thor hardloop af deur die reuse gang en bars by die stalle uit in ‘n oop veld. Daar was Erec, staande voor ‘n reuse, trotse hings, ‘n glimmend swart perd met ‘n wit neus. Die perd snork waneer Thor opdaag, en Erec draai om.

“Ek is jammer my Heer,”sê Thor, uitasem. “Ek het gekom so vinnig as wat ek kon. Ek het nie bedoel om laat te wees nie.”

‘Jy is net betyds,” sê Erec met ‘n grasieuse glimlag. “Thor ontmoet Lannin,” voeg hy by, wys na die perd.

Lannin snork en pronk, asof hy antwoord gee. Thor tree nader en reik ‘n hand uit en vryf sy neus; hy runnik saggies op sy beurt.

“Hy is my reis perd. ‘n Ridder met rank het baie perde, soos jy sal leer. Daar is een vir toernooie, een vir gevegte, en een vir die lang eensame pad. Dit is die een waarmee jy die hegste vriendskap mee smee. Hy hou van jou. Dis goed.”

Lannin leun vorentoe en druk sy neus in Thor se palm, Thor was oorweldig deur die prag van die kreatuur. Hy kon die intellegensie sien skyn in sy oë. Dit was onheilspellend; hy het gevoel asof die perd alles verstaan.

Maar iets wat Erec gesê het gooi Thor omvêr.

“Het u gesê ‘n reis, my Heer?” vra hy verras.

Erec stop om die harnas vas te maak, draai om en kyk na hom.

“Vandag is die dag van my geboorte. Ek het my vyf en twintigste jaar bereik. Dit is ‘n spesiale dag. Weet jy van Seleksie Dag?”

Thor skud sy kop. “Baie min, my Heer; net wat die ander my vertel.”

“Ons ridders van die Sirkel moet altyd voortgaan, generasie na generasie.” Begin Erec. “Ons het tot ons vyf en twintigste jaar om ‘n bruid te kies. As een dan nog nie gekies is nie, dikteer die wet, da tons een moet vind. Ons kry een jaar om haar te vind, en haar terug te bring. As ons terugkeer sonder een, dan word een vir ons gegee deur die Koning, en ons gee ons reg op om te kies.

“So vandag, moet ek begin aan my reis om my bruid te vind.”

Thor staar terug, sprakeloos.

“Maar my Heer, u gaan weg? Vir een jaar?”

Thor se maag val met die gedagte daaraan. Hy voel sy wêreld om hom verkrummel. Dit was nie tot hierdie oomblik da thy besef hoe baie hy van Erec hou nie; in sommige opsigte, was hy soos ‘n vader vir hom---sekerlik meer as ‘n vader dan die een wat hy gehad het.

“Maar vir wie sal ek dan nou Edelman wees?” vra Thor. “en waar sal u heen gaan?”

Thor herroep hoe baie Erec vir hom opgekom het, hoe hy sy lewe gered het. Sy hart sink by die idee dat hy weggaan.

Erec lag, ‘n sorgvrye lag.

“Watter vraag sal ek eerste beantwoord?” sê hy. “Moenie bekommerd wees nie. Jy is aan ‘n nuwe ridder oorgegee. Jy sal vir hom Edelman wees tot my terugkeer. Kendrick, die Koning se oudste seun.”

Thor se hart vlieg hoog waneer hy dit hoor; hy het ‘n gelyke sterk band met Kendrick ook gehad, wie na alles, die een was om na hom te kyk en hom ‘n plek in die Legioen verseker het.

“So ver as wat my reis….” Gaan Erec voort, “….Ek weet nog nie. Ek weet ek sal suid beweeg, in die rigting van die koninkryk waar ek vandaan kom en soek na ‘n bruid in daardie rigting. As ek nie een vind binne die Sirkel nie, dan mag ek self die see oorkruis na my eie koninkryk om daar te soek na een.”

“U eie koninkryk, my Heer? Vra Thor.

Thor besef dat hy nie werklik veel van Erec geweet het nie, oor waar hy vandaan kom. Hy het net altyd aangeneem dat hy gekom het van binne die Sirkel.

Erec glimlag. “Ja, ver van hier af, anderkant die see. Maar dit is ‘n storie vir ‘n ander tyd.Dit sal ‘n ver reis wees, en ‘n lang een, en ek moet voorberei. So help my nou. Tyd is min. Harnas my perd en voorsien dit met alle soorte wapens.”

Thor se kop het gemaal toe hy in aksie spring, hardloop na die perde arsenaal en neem die uitstaande swart en silwer wapenrusting wat aan Lannin behoort het. Hy hardloop terug met een stuk op ‘n slag, sit eers die pantserkleed oor die perd se rug, reik op om dit oor sy reuse liggam te kry. Dan voeg Thor die hoof bedekking, die dun, dedrukte metaal om sy kop te beskerm.

Lannin runnik waneer Thor dit doen, maar blyk om daarvan te hou. Hy was ‘n edele perd, ‘n vegter, dit kon Thor sien, en hy blyk om net so gemaklik in wapenrusting te wees soos wat ‘n ridder sou wees.

Thor hardloop terug en kry Erec sy goue spore, en help hom om dit vas te maak aan elke voet terwyl Erec die perd bestyg.

“Watter wapens sal u benodig, my Heer?” vra Thor.

Erec kyk af, kom massief voor vanaf daardie perspektief.

“Dit is moelik om te voorspel watter gevegte ek mag teëkom deur die loop van ‘n jaar. Maar ek wil kan jag, en myself verdedig. So natuurlik my lang swaard. Ek sal ook my kort swaard, ‘n boog, my pylkoker vol pyle, ‘n kort spies, ‘n staf, ‘n dolk, en my skild. Ek vermoed dit sal voldoende wees.”

“Ja, my Heer,” sê Thor en breek in aksie in. hy hardloop na Erec se wapensrak, langs Lannin se stal en kyk oor die dosyne wapens. Daar was ‘n indrukwekkende arsenaal om van te kies.

Hy haal die wapens wat Erec gespesifiseer het versigtig af, bring hulle terug een op ‘n slag en handig dit aan Erec oor wat hulle vassit in die harnas.

Terwyl Erec daar sit en sy leer handskoen styf trek, gereed om te vertrek, kon Thor dit nie verduur om hom te sien gaan nie.

“My heer, ek voel dit is my plig om u te vergesel op hierdie reis,” sê Thor. “ Ek is buitendien u Edelman.”

Erec skud sy kop.

“Dit is ‘n reis wat ek alleen moet aanpak.”

“Dan mag ek u ten minste vergesel tot by die eerste cruising?” druk Thor. “As u in ‘n suidelike rigting gaan, is dit paaie wat ek goed ken. Ek is van die suide.”

Erec kyk af, oorwegend.

“ As jy my wil vergesel na die eerste kruising, sien ek geen skade daarin nie. Maar dit is ‘n harde dag se ry, so ons moet nou vertrek. Vat my Edelman se perd, in die agterkant van die stal. Die bruin een met die rooi maan.

Thor hardloop terug na die stal toe en kry die perd. Toe hy dit bestyg, steek Krohn sy kop uit by sy hemp en kyk op en huil.

“Dit is reg, Krohn,” stel Thor hom gerus.

Thor leun vooroor, stuur die perd, en bars by die stal uit. Erec het skaars gewag vir hom om op te vang waneer hy en Lannin afjaag op ‘n gallop. Thor volg Erec so goed as wat hy kan.

Huller ry saam uit Konings Hof, deur die hek, wat etlike wagte terugtrek en eenkant toe staan. Etlike lede van die silwer was in ‘n ry, op die uitkyk, wagtend, en toe Erec verby ry, lig hulle, hulle vuiste in salutasie.

Thor was trots om langs hom te ry, om sy Edelman te wees, en opgewonde om hom te vergesel. Self al was dit net tot by die eerste kruising.

Daar was so baie wat Thor oor gehad het om vir Erec te sê, so baie dinge wat hy wou vra--- en so baie waarvoor hy hom wou bedank. Maar daar was nie tyd nie, terwyl die twee van hulle suid gallop, bars oor die vlaktes, die omgewing verander konstant soos hulle perde die Koning se pad afstorm in die laat oggend son. Toe hulle verby ‘n heuwel gaan sien Thor in die verte al die lede van Legioen in ‘n veld, breek hulle ruê soos hulle grou. Thor was bly hy was nie tussen hulle nie. Terwyl Thor kyk, sien hy een van hulle stop en het ‘n vuis gelig op in die lug na hom. Dit was moeilik om te sien in die son, maar hy voel seker dat dit Reece was wat saluteer. Thor lig ‘n vuis terug terwyl hulle aan ry.

Die goed-geplaveide paaie gee mee na onversorgde landelike paaie; smaller, rowwer, en uiteindelik skaars meer as goed deurtrapte paaidjies wat deur die lande sny. Thor weet dit is gevaarlik vir gewone mense om hierdie paaie aleen te ry---veral in die aand, met al die diewe wat op hulle geskuil het, maar Thor het baie min bekommernis daarvoor self, veral met Erec aan sy, sy—in teendeel, as ‘n rower hulle sou konfronteer, vrees Thor meer vir die rower se lêwe. Natuurlik sal dit baie mal wees vir enige dief om te probeer om ‘n lid van die Silwer te stop.

Hulle ry die heel dag, neem skaars ‘n blaaskans, totdat Thor uitgeput was, uit asem uit. Hy kon skaars Erec se stamina glo---nietemin waag hy dit nie om vir Erec te laat weet dat hy moeg was nie, uit vrees dat hy sou swak voorkom.

Hulle gaan verby ‘n groot kruising, en Thor herken dit. Hy weet as hulle sou regs gaan, sal dit hulle bring na sy dorpie. Vir ‘n oomblik is Thor oorweldig deur nostalgie, en ‘n deel van hom wil daardie pad neem, om sy pa te sien, sy dorpie. Hy wonder wat sy pa gedoen het op daardie oomblik, wie het die skape versorg, hoe woedend sy pa moes gewees het toe Thor nie teruggekeer het nie. Nie dat hy veel vir hom omgee nie. Hy het net vir ‘n oomblik gemis wat bekend was. Hy was inteendeel, verlig dat hy van daardie klein dorpie ontsnap het, en ‘n ander deel van hom wou nooit weer terugkeer nie.

Hulle gallop voort, verder en verder suid, na ‘n gebied waar Thor nog nooit was nie. Hy het gehoor van suidelike kruising, alhoewel hy nog nooit self daar was nie. Dit was een van drie van die hoof kruispaaie wat lei na die suidelike dele van die Sirkel. Hy was ‘n goeie halwe dag se ry van Konings Hof af, en alreeds word die son lank in die lug. Thor sweetend, uit asem uit, was besig om te wonder met bewerasie of hy dit in tyd sou maak vir die Koning se fees vanaand. Het hy ‘n fout gemaak om Erec so ver te vergesel?

Hulle kom verby ‘n heuwel, en uiteindelik sien Thor dit, daar op die horison: die onmiskenbare teken van die eerste Kruising. Dit was gemerk deur ‘n groot, dun toring, die Koning se flag is daaroor gedrapeer in al vier rigtings, en lede van die Silwer staan wag bo-op die borswerings. Waneer hulle Erec sien, blaas die ridder bo-op die toring, sy trompet. Stadig rys die hekhuis op.

Hulle was ‘n paar honderd meter weg, en Erec vertraag sy perd se pas na ‘n stap toe. Thor het ‘n knop in sy maag waneer hy besef dat hierdie sy laaste paar minute saam met Erec was vir wie weet hoe lank. Wie weet, buitendien of hy weer sal terugkeer. Een jaar was ‘n lang tyd, en enigiets kan gebeur. Thor was bly, ten minste, dat hy hierdie kans gehad het om hom te vergesel. Hy voel asof hy sy plig gedoen het.

Die twee van hulle loop sy-aan-sy, hulle perde haal hard asem, die mans haal hard asem, terwyl hulle die toring nader.

“Ek mag jou dalk nie sien nie vir baie mane,” sê Erec. “Waneer dit gebeur sal ek ‘n bruid in tou hê. Dinge mag verander. Maar maak nie saak wat gebeur nie, weet dat jy altyd my Edelman sal wees.”

Erec vat ‘n diep asemteug.

“Soos ek jou nou los, is daar dinge wat ek wil hê jy moet onthou. ‘n Ridder is nie gevorm deur krag nie---maar deur intellegensie. Dapperheid alleen maak nie van jou ‘n ridder nie, maar dapperheid en eer en wysheid tesame. Jy moet altyd werk om ‘n perfekte gees en verstand te hê. Ridderlikheid is nie passief nie--- dit is aktief. Jy moet werk daaraan, verbeter jouself, elke oomblik van elke dag.”

“Deur hierdie mane, gaan jy allerhande soorte wapens leer, alle soorte bekwaamhede. Maar onthou: daar is ‘n ander dimensie aan ons gevegte. Die towenaars dimensie. Soek Argon uit. Leer om jou versteekte kragte te ontwikkel. Ek het hulle in jou agtergekom. Jy het groot potensiaal. Dit is niks om oor skaam te wees nie. Verstaan jy my?”

“Ja, my Heer,” antwoord Thor, swel op van dankbaarheid vir sy wysheid en begrip.

“Ek het gekies om jou onder my vlerk te neem vir ‘n rede. Jy is nie soos die ander nie, Jy het ‘n groter bestemming. Groter self miskien, as myne. Maar dit bly onvervuld. Jy moet dit nie van selfsprekend aanvaar nie. Jy moet daaraan werk, Om ‘n groot vegter te wees, moet jy nie net vreesloos en bekwaam wees nie. Jy moet ook ‘n vegter se gees hê en dit saam met jou dra in jou hart en jou kop. Die beste ridder soek nie na rykdom or eer of beroemdheid of glorie nie. Die beste ridder neem die hardste soeke van alles: die soeke om van jouself ‘n beter persoon te maak. Elke dag moet jy streef om beter te wees. Nie net beter as die ander nie—maar beter as jouself. Jy moet soek om die saak op te neem van diegene minder as jyself. Jy moet diegene wat nie hulleself kan verdedig nie, te verdedig. Dit is nie ‘n soeke vir die lighartiges nie, Dit is ‘n soeke van helde.”

Thor se kop spin as hy dit alles inneem, maal Erec se woorde versigtig. Hy was oorweldig met dankbaarheid vir hom, en het skaars geweet hoe om te reageer. Hy kom agter dat dit baie mane gaan neem vir die volle boodskap van hierdie woorde om in te sink.

Hulle bereik die hek van die eerste kruising, en toe hulle daar kom, kom etlike lede van die Silwer uit om Erec te groet. Hy ry op hom af, groot glimlagte op hulle gesigte en waneer hy afklim, klap hulle hom hard op die rug, soos ou vriende.

Thor spring af, neem Lannin se leisels, en lei hom dieper by die hek in, om hom te voer en af te borsel. Thor staan daar as Erec waneer Erec draai en na hom kyk, een laaste keer.

In hulle finale groet, was daar te veel wat Thor wou sê. Hy wou hom bedank. Maar hy wou hom ook alles vertel. Van die voorbode. Van sy droom. Van sy vrese vir die Koning. Hy het gedink dat Erec miskien sou verstaan.

Maar hy kom homself nie sover kry nie. Erec was alreeds omring deur ridders, en Thor was bang dat Erec---en almal van hulle---sou dink hy was mal. So nou staan hy daar, geknoopte tong, waneer Erec oor reik en gryp sy skouer vas vir een laaste keer.

“Beskerm ons Koning,” sê Erec ferm.

Die woorde stuur ‘n koue rilling teen Thor se rug op, so asof Erec sy gedagtes gelees het.

Erec draai om, loop deur die hek saam met die ander ridders, en nadat hulle deur is, hulle ruê na hom toe, sak die staal speke stadig agter hulle.

Erec was nou weg. Thor voel ‘n knop op sy maag. Dit kon ‘n volle jaar wees voor hy hom weer sien.

Thor bestyg sy perd, gryp die leisels, en skop hard. Middag was hier en hy het ‘n goeie halwe dag se ry om dit betyds te maak vir die fees. Hy voel Erec se finale woorde weergalm in sy kop, soos ‘n mantra.

Beskerm ons Koning.

Beskerm ons Koning.

Ograniczenie wiekowe:
16+
Data wydania na Litres:
10 października 2019
Objętość:
291 str. 3 ilustracje
ISBN:
9781632912541
Format pobierania:
epub, fb2, fb3, ios.epub, mobi, pdf, txt, zip
Pierwsza książka w serii "Die Towenaar Se Sirkel"
Wszystkie książki z serii