Czytaj książkę: «‘n Soeke van Helde », strona 15

Czcionka:

HOOFSTUK-DRIE-EN-TWINTIG

Macgil trek sy ooglede oop, wakker gemaak deur die onophoudelike gehamer aan sy deur, en wens onmiddelik hy het nie.Sy kop wou bars. Deurdringende sonlig skyn in deur die kasteel venster, en hy besig sy gesig was neergeplant op sy skaapvel kombers. Deurmekaar, probeer hy onthou. Hy was tuis, in sy kasteel. Hy probeer die vorige nag oproep. Hy onthou die jag. Dan ‘n bierhuis in die bos. Hopeloos te veel drank. Op een of ander manier, het hy dit hierheen gemaak.

Hy kyk oor en sien sy vrou, die koningin, slapend langs hom, stadig besig om wakker te word.

Die gehamer kom weer, die aaklige geluid van ‘n kappende yster klopper.

“Wie kon dit wees?” vra sy, onbeïndruk.

MacGil wonder dieselfde ding. Hy het spesiek onthou dat hy instruksies gelaat het aan sy knegte om hom nie wakker te maak nie---veral na die jag. Daar sal groot moeilikheid wees hiervoor.

Dit was sekerlik sy rentmeester, met een of ander mindere finansieële saak.

“Stop daardie verdomde gehamer!” donder MacGil uiteindelik uit. Rol uit die bed, sit met sy elmboë op sy knieë, sy kop in sy hand. Hy trek sy hande deur sy ongewaste hare en baard, dan oor sy gesig, probeer homself wakker maak. Die jag---en die bier---het baie uit hom uitgevat. Hy was nie meer so lenig as wat hy was nie. Die jare het sy tol geëis; hy was uitgeput. Op hierdie oomblik, het hy gevoel om nooit weer te drink nie.

Met buitengewone inspanning stoot hy homself of vanaf sy knieë en tot op sy voete. Met net sy japon aan, kruis hy vinnig die vertrek en bereik uiteindelik die deur, ‘n voet dik, gryp die yster handvatsel, en ruk dit terug.

Voor hom staan sy grootste generaal, Brom, geflankeer deur twee van sy luitenante. Die luitenante sak hulle hoofde in eerbied, maar sy generaal staar hom direk aan, ‘n grimmige uitdrukking op sy gesig. MacGil het dit gehaat as hy daardie uitdrukking gehad het. Dit het altyd sombere nuus beteken. Dit was op oomblikke soos hierdie wat hy dit gehaat het om koning te wees. Hy het so ‘n lekker dag gehad gister, ‘n wonderlike jag, en di het hom herhinder aan die tye toe hy nog jonk en sorgeloos was. Veral om die nag om te mors soos dit in die bierhuis. Nou, om so onbeskof wakker gemaak te word soos dit, vat dit sy illusie van vrede wat hy gehad het van hom af weg.

“My Heer, ek is jammer on jou wakker te maak,” sê Brom.

“Jy behoort jammer te wees,” grom MacGil. “Dit beter belangrik wees.”

“Dit is.” Sê hy.

Koning MacGil sien die erns op sy gesig, en draai en kyk oor sy skouer na sy koningin. Sy het weer gaan slaap.

MacGil beduie vir hulle om in te kom, lei hulle dan oor sy groot slaapkamer en deur ‘n ander geboogte deur, na ‘n sy vertrek, maak die deur agter hulle toe sodat hulle haar nie steur nie. Hy gebruik somtyds die kleiner kamer, niks groter as twintig tree in elke rigting, met ‘n paar gemaklike stoel en ‘n groot vlek-glas venster, waneer hy nie daarna gevoel het om aft e gaan na die Groot Saal nie.

“My Heer, ons spioene het ons vertel van ‘n McCloud sametrekking van mans wat oos beweeg, na die Fabian See. En ons uitkykers in die suide rapporteer ‘n floot van Wêreldryk skepe wat noord vaar. Sekerlik is hulle oppad daarheen om die McClouds te ontmoet.

MacGil probeer die informasie prosesseer, sy verstand beweeg te stadig in sy dronk toestand.

“En?” druk hy, ongeduldig, moeg. Hy was so uitgeput deur die eindelose intriges en spekulasies en truuks van sy hof.

“As die McCloud waarlik ontmoet met die Wêreldryk, kan daar net een doel wees,” gaan Brom voort. “Om saam te smee om die Aardtrog oor te steek en die omvêrwerping van die Sirkel.”

MacGil kyk op na sy ou kommandeer, ‘n man aan wie se sy hy geveg het vir dertig jaar, en hy kon die dodelike erns in sy oë sien. Hy kon ook vrees sien. Dit krap hom om; dit was nie ‘n man wat hy al ooit gesien het iets vrees nie.

MacGil kom stadig orent tot sy volle hoogte, wat steeds besonders was, en draai en loop oor die vertrek tot hy die venster bereik. Hy kyk uit, neem ‘n opname van sy hof onder, leeg in die vroeë oggend, en peins. Hy het geweet, nog altyd, dat een dag sal ‘n dag soos dit kom. Hy het net nie verwag dat dit so gou sou wees nie.

“Dit was vinnig,” sê hy. “Dit is net dae sedert ek my dogter afgetrou het aan hulle prins. En nou dink jy hulle is alreeds in sameswering vir ons omvêrwerping?”

“Ek doen, my Heer,” reageer Brom opreg. “Ek sien geen ander rede nie. Alle indikasies is dat dit ‘n vredevolle ontmoeting is. Nie ‘n militêre een nie.”

MacGil skud sy kop stadig.

“Maar dit maak nie sin nie. Hulle kan nie die Wêreldryk binne laat nie. Hoekom sou hulle? Selfs as hulle vir een of ander rede dit regkry om te help om die Skild te verlaag aan ons kant en ‘n opening kry, dan wat sal gebeur? Die Wêreldryk sal hulle ook oorweldig. Hulle sal ook nie veilig wees nie. Hulle weet dit tog sekerlik.”

“Miskien gaan hulle ‘n ooreenkoms aan,” antwoord Brom.”Miskien laat hulle die Wêreldryk in, en in ruil word slegs ons aangeval, sodat die McClouds die Sirkel kan beheer.”

MacGil skud sy kop.

“Die MacCloud is te slim daarvoor. Hulle is slinks. Hulle weet dat die Wêreldryk nie vertrou kan word nie.”

Sy generaal haal sy skouers op.

“Miskien wil hulle die beheer van die Sirkel so graag hê, dat hulle bereid is om daardie kans te vat. Veral noudat hulle jou dogter het as hulle Koningin.”

MacGil dink daaroor na. Sy hart was hamerend, Hy wou nie nou hiermee deel nie. Nie so vroeg in die oggend nie.

“So wat stel jy voor?” vra hy, kortaf met hom, moeg van al die spekulasie.

“Ons kan dit voorspring, Heer, en die McClouds aanval. Dit is nou die tyd.”

MacGil gaap hom aan.

“Reg nadat ek my dogter aan hulle gegee het in ‘n troue? Ek dink nie so nie.”

“As ons dit nie doen nie,” gee Brom terug, “laat ons hulle toe om ons graf te grawe. Sekerlik sal hulle ons aanval. Indien nie nou nie, dan later. En as hulle by die Wêreldryk aansluit, sal dit klaarpraat wees met ons.”

“Hulle kan nie die Hooglande so maklik oorsteek nie. Ons beheer al die oorgangspunte. Dit sou ‘n slagting wees. Selfs saam met die Wêreldryk.”

“Die Wêreldryk het miljoene manne om te spaar,” antwoord Brom. “Hulle kan bekostig om afgemaai te word.”

“Selfs met die Skild gesak,” sê MacGil, “dit sal nie so maklik wees om miljoene soldate oor die Aardtros te marsjeer nie---of oor die Hooglande nie, of om per skip te nader nie. Ons sal so ‘n opkoms ver vooruit raaksien. Ons sal gewaarsku wees.”

MacGil dink.

“Nee, ons sal nie aanval nie. Maar vir nou, kan ons ‘n taktvolle stap neem: vedubbel ons patrollies by die Hooglande. Versterk ons verskansings. En verdubbel ons spioene, Dit sal al wees.”

“Ja, my Heer,” sê Brom, draai om en haas van die kamer met sy luitenante.

MacGil draai terug na die venster, sy kop kloppend. Hy voel oorlog op die horison, oppad na hom met die onvermydelikheid van ‘n winter storm. Hy voel, verder, dat daar niks was wat hy daaraan kon doen nie. Hy kyk oral om hom heen, na sy kasteel, na die klip. Na die onberispelike koninklike hof uitgestrek onder hom, en kon nie help om te wonder hoe lank dit alles sou hou nie.

Wat sal hy nie gee vir nog ‘n drankie nie.

HOOFSTUK-VIER-EN-TWINTIG

Thor voel ‘n voet wat hom in die ribbes stoot en stadig maak hy sy oë oop. Hy lê gesig na onder op ‘n hoop strooi, en vir ‘n oomblik het hy geen idee waar hy is nie. Sy kop voel asof dit ‘n miljoen ponde weeg, sy keel was droeër as wat dit nog ooit was, en sy oë en kop was besig om hom dood te maak. Hy voel asof hy van ‘n perd afgeval het.

Hy kry weer ‘n stoot, en toe hy opkom, spin die kamer gevaarlik. Hy leun vooroor en gooi op, braak weer en weer.

‘n Koor van lag bars oral om hom los, en hy kyk op en sien Reece, O”Connor, Elden, en die tweeling in die nabyheid drentel, kyk af na hom.

“Uiteindelik, is die slapende skoonheid wakker!” roep Reece uit, glimlaggend.

“Ons het nie gedink jy sou ooit wakker word nie,” sê O’Connor.

“Is jy reg?” vra Elden.

Thor sit regop, vee sy mond af met die agterkant van sy hand, probeer om alles te prosesseer. Soos hy dit doen, kom Krohn, wat ‘n paar voet weg gelê het, klaênd na hom toe gehardloop, spring in sy arms in en begrawe sy kop in sy hemp. Thor was verlig om hom te sien, en gelukkig om hom aan sy, sy te hê. Hy probeer onthou.

“Waar is ek?’ vra Thor. “Wat het gisteraand gebeur?”

Die drie van hulle lag.

“Ek is bevrees jy het een drankie te veel gehad, my vriend. Iemand kan nie sy drank hanteer nie. Onthou jy nie? Die bierhuis?”

Thor sluit sy oë, vryf sy slape, en probeer dit alles terugbring. Dit kom terug in flitse. Hy onthou die jag… die bierhuis binne gegaan… die drank. Hy onthou hy was boontoe gelei…die bordeel. Na dit, was alles swart.

Sy hartklop versnel as hy aan Gwendolyn dink. Het hy iets onnosel met daardie meisie aangevang? Het hy sy kanse met Gwendolyn geruineer?

“Wat het gebeur?” druk hy vir Reece, ernstig, as hy sy gewrig vasgryp. “Asseblief, sê my. Sê my ek het nie iets met daardie vrou gedoen nie?”

Die ander lag, maar Reece staar terug na sy vriend in erns, kom agter hoe ontsteld hy was.

“Moenie bekommerd wees nie, vriend,” antwoord hy. “Jy het niks gedoen nie. Behalwe om op te gooi en op haar vloer neer te slaan!”

Die ander lag weer.

“So veel vir jou eerste keer,” sê Elden.

Maar Thor was diep verlig. Hy het nie vir Gwen vervreemd nie.

“Laaste keer date k vir jou ‘n vrou koop!” sê Conval.

“Perfekte goeie morsing van geld,” sê Conven. “Sy wou dit nie eens teruggee nie!”

Die seuns lag weer. Thor voel verneder, maar verlig dat hy niks geruineer het nie.

Hy neem Reece se arm en trek hom eenkant toe.

“Jou suster,” fluister hy dringend. “Sy weet nie enigiets hiervan nie, doen sy?”

Reece breek uit in ‘n stadige glimlag waneer hy sy arm om Thor se skouer sit.

“Jou geheim is veilig by my, selfs al het jy niks gedoen nie. Sy weet nie. En ek kan sien hoe diep jy vir haar omgee, en ek waardeer dit,” sê hy, sy gesig verander in ‘n ernstige uitdrukking. “Ek kan nou sien dat jy regtig vir haar omgee. As jy gaan rond hoer het, sou jy nie die soort swaer wees wat ek wou hê nie.

Buitendien, ek is versoek om die boodskap aan jou te oorhandig. Reece prop ‘n klein gerolde nota in Thor se palm, en Thor kyk af, deurmekaar. Hy sien die koninklike stempel daarop, die pienk papier, en hy weet. Sy hartklop versnel.

“Van my suster,” voeg Reece by.

“Whoa!” kom ‘n koor van stemme.

“Iemand het ‘n liefdesbrief gekry!” sê O’Connor.

“Lees dit vir ons!” skree Elden.

Die ander sluit in met ‘n gelag.

Maar Thor, wat privaatheid soek, haas af na die kant van die kaserne, weg van die ander. Sy kop wou bars, en die kamer tol steeds---maar hy het nie meer omgegee nie. Hy rol die delikate perkament oop en lees die nota met bewende hande.

“Ontmoet my by die Bos Rif op die middaguur. Moenie laat wees nie. En moenie aandag op jouself vestig nie.”

Thor druk die nota in sy sak.

“Wat sê dit, kêrel? Roep Conven uit.

Thor haas oor na Reece, wetend dat hy hom kon vertrou.

“Die Legioen het geen oefening vandag nie, Reg?” vra Thor.

Reece skud sy kop. “Natuurlik nie. Dit is ‘n vakansie dag.”

“Waar is Bos Rif?” vra Thor.

Reece glimlag. “Ahh, Gwen se gunsteling lek,” sê hy. “Neem die oostelike pad uit die hof en bly regs. Klim die heuwel, en dit begin na die tweede heuweltjie.”

Tho kyk na Reece.

“Asseblief, ek wil nie dat enigiemand weet nie.”

Reece glimlag.

“Ek is seker sy wil ook nie. As my ma uitvind maak sy julle altwee dood. Sys al my suster in haar kamer toesluit, en jou verban na die suiderlike end van die konikryk.”

Thor sluk swaar met die gedagte daaraan.

“Regtig?” vra hy.

Reece knik terug.

“Sy hou nie van jou nie. Ek weet nie hiekom nie, maar sy is vasbeslote daaroor. Gaan vinnig, en moenie ‘n siel vertel nie. En moenie bekommerd wees nie,” sê hy, gryp sy hand vas. “Ek sal ook nie.”

*

Thor loop vinnig in die vroeë oggend, Krohn draf langs hom, probeer sy bes om nie opgemerk te word nie. Hy volg Reece se direksies so goed as wat hy kon, herhaal dit oor en oor in sy kop terwyl hy haas verby die buitewyke van die koninklike hof, up by ‘n klein heuwel en langs die rand van ‘n digte bos. Aan sy linkerkant, val die grond af na onder, en laat hom ‘n smalpaadjie loop op die rand van ‘n steil rif, ‘n afgrond aan die een kant, en die bos aan sy regterkant. Bos Rif. Sy het hom gesê om haar daar te ontmoet. Was sy ernstig? Of was sy besig om met hom te speel?

Was die sedige koninklike, Alton, reg? Was Thor net vermaak vir haar? Sou sy vinnig moeg word vir hom? Hy hoop, meer as enigiets, dat dit nie die geval is nie. Hy wou glo dat haar gevoelens vir hom eg was; nietemin is dit vir hom baie moeilik om te glo hoe dit die geval kon wees. Sy het hom skaars geken. En sy was koninklik. Watse belang sou sy enigsins in hom hê? Om nie te noem dat sy ‘n jaar of twee ouer was nie, en hy het nog nooit ‘n ouer meisie gehad wat belangstelling in hom getoon het nie, bowen dit, het hy nog nooit enige meisie gehad wat in hom belang gestel het nie. Nie dat daar baie meisies in sy klein dorpie was om van te kies nie.

Thor het nog nooit baie aan meisies gedink nie. Hy het nie grootgeword saam met susters nie, en daar was min meisies van sy ouderdom in sy dorpie. Op sy ouderdom, het geen een van die ander seun veel belangstelling getoon nie. Meeste van die seuns het geblyk om te trou rondom hulle agtiende jaar, in gereëlde huwelike---eintlik, meer soos besigheids transaksies. Mans van hoë rang wat nog nie getroud was teen hulle vyf en twintigste jaar nie, bereik hulle Verkiesing Dag: hulle was dan of verplig om ‘n bruid te kies of om uit te gaan en een te vind. Maar dit het nie betrekking tot Thor gehad nie. Hy was van arm afkoms, en mense van sy rang was gewoontlik net afgetrou op maniere wat die families tot voordeel gestrek het. Dit was soos om beeste te verruil.

Maar vandat Thor vir Gwendolyn gesien het, het dit alles verander. Vir die eerste keer, was hy deur iets getref, ‘n gevoel so diep en sterk en dringend dat dit hom nie toegelaat het om aan enigiest anders te dink nie. Elke keer dat hy haar gesien het, het die gevoel verdiep. Hy kon dit skaars verstaan, maar dit het hom gepynig om van haar af weg te wees.

Thor verdubbel sy pas met die rif langs, kyk oral uit vir haar, wonder waar presies sy hom sou ontmoet---of sy hom ooit sou ontmoet. Die eerste son styg hoër en die eerste sweet pers op sy voorkop saam. Hy het steeds siek en naar gevoel van die effek van die vorige nag. Terwyl die son steeds hoër styg, en sy soeke na haar blyk om futiel te wees, begin hy wonder of sy hom ooit regtig sou ontmoet het. Hy begin ook wonder in hoeveel gevaar hy hulle regtig stel. As haar ma, die koningin, regtig so teen hulle gekant was, sou sy hom waarlik van die koninkryk verban het? Van die Legioen? Van alles wat hy hier kom leer ken en lief het? Wat sou hy dan doen?

Terwyl hy daaraan dink, besluit hy dat dit steeds die moeite werd was, vir die geleentheid om saam met haar te wees. Hy was bereid om dit alles op die spel te plaas vir daardie kans. Hy het net gehoop hy was nie vir die gek gehou nie, of haas na enige vroeë afleidings oor hoe sterk haar gevoelens vir hom was nie.

“Sou jy net reg verby my geloop het?” kom die stem, gevolg deur ‘n giggel.

Thor skrik, onverhoeds betrap, stop dan en draai om. Staande in die koelte van ‘n reuse denne boom, glimlaggend, was Gwendolyn. Sy hart verlig met daardie glimlag. Hy kon die liefde in haar oë sien, en al sy bekommernisse en vrese smelt dadelik weg. Hy berispe homself omdat hy so onnosel was om haar intensies te onderskat.

Krohn het gepiep toe hy haar sien.

“En wat het ons hier?” Roep sy uit in vreugde.

Sy kniel af en Krohn hardloop na haar, spring in haar arms met ‘n gekla; sy tel hom op en hou hom vas, strelend.

“Hy is so oulik!” sê sy, druk hom styf vas. Hy lek haar gesig. Sy giggel en soen hom terug.

“En wat is jou naam, klein mannetjie?” vra sy.

“Krohn,” sê Thor. Uiteindelik, hierdie keer, was hy nie so tong geknoop soos tevore nie.

“Krohn,” eggo sy, kyk in die welpie se oë. “En is dit elke dag wat jy op reis is met ‘n luiperd vriend?” vra sy vir Thor met ‘n lag.

“Ek het hom gevind,” sê Thor, hy voel selfbewus langs haar, soos hy altyd was. “In die bos---op die jag. Jou broer het gesê ek moet hom hou, omdat ek hom gevind het. Dat dit so bestem was.”

“Wel, hy is reg. Diere is baie heilige dinge. Jy vind hulle nie. Hulle vind jou.”

“Ek hoop nie jy gee om as hy saam met ons is nie,” sê Thor.

Sy giggel.

“Ek sou hartseer wees as hy nie saamgaan nie.” Antwoord sy.

Sy kyk in altwee rigtings, so asof sy wou seker maak dat niemand hulle dophou nie, reik dan uit, gryp Thor se hand, en trek hom in die bos in.

“Kom ons gaan,” fluister sy.”Voor iemand ons raaksien.”

Thor voel verfrissend deur haar aanraking, terwyl sy hom lei op die bos paadjie. Hulle gaan vinnig die bosse in, die paadjie kronkel en draai tussen die reuse denne bome deur. Sy laat sy hand gaan, maar hy vergeet nie die gevoel daarvan nie.

Hy was besig om meet vertroue te hê dat sy werklik van hom hou, en dit was duidelik dat sy nie opgemerk wou word, nie, sekerlik deur haar ma. Duidelik neem sy dit ernstig op, want sy het ook iets om te verloor deur hom te sien.

Aan die ander kant, dink Thor, miskien wou sy nie deur Alton raakgesien word nie---of enige van die ander seuns saam wie sy dalk mag wees. Miskien was alton reg. Miskien was sy skaam om saam met Thor gesien te word.

Thor voel al hierdie gemengde gevoelens binne in hom warrel.

“Het die kat weer jou tong gesteel?” vra sy, uiteindelik is die stilte verbreek.

Thor voel in twee geskeur; hy wou nie die risiko neem om alles op te mors deur haar te vertel wat sy gedagtes was nie---maar ter selfdertyd voel hy, hy moet sy bekommernisse ter ruste laat. Hy moes weet waar sy regtig staan. Hy kon dit nie langer inhou nie.

“Laas keer toe ek by jou weg was, het ek in Alton ingeloop. Hy het my konfronteer.”

Gwendolyn se uitdrukking verdonker, haar goeie gemoed skielik geruïneer---en Thor voel onmiddelik skuldig dat hy dit opgebring het. Hy het haar mooi geaardheid, haar vreugde, gekoester en hy wens hy kon dit terugtrek. Hy wou stop, maar dit was te laat. Daar was nie meer omdraaikans nie.

“En wat het hy gesê?” vra sy, haar stem het gedaal.

“Hy het my vertel om weg te bly van jou af. Hy het my gesê dat jy nie regtig vir my omgee nie. Hy het my vertel ek is net amuseering vir jou. Dat jy sou moeg raak vir my in ‘n dag of twee. Hy het ook gesê dat jy en hy op troue staan, en dat julle huwelik reeds gereël was.”

Gwendolyn laat ‘n kwaai, spottende lag uit.

“Het hy dan?” snork sy. “Daardie seun is die mees arrogante, ondraaglike klein pit,” gaan sy voort, kwaad. “Hy is ‘n doring in my vlees sedert ek kon loop. Net omdat ons ouers neefs is, dink hy, hy is deel van die koninklike familie. Ek het nog nooit iemand so betitel gesien wat dit minder verdien nie. Om dinge erger te maak, het hy dit in sy kop gekry dat die twee van ons bestem is om te trou. Asof ek net sou voortgaan met wat my ouers my forseer om te doen. Nooit. En verseker nie met hom nie. Ek kan hom nie voor my aangesig verdra nie.”

Thor voel so verlig deur haar woorde, hy voel ‘n miljoen ponde ligter; hy voel lus om van die boomtoppe af te sing. Dit was presies wat hy nodig gehad het om te hoor. Nou voel hy spyt dat hy hulle gemoed verdonker het oor niks. Maar hy was nog nie heeltemal tevrede nie; hy het opgemerk dat sy steeds niks gesê het of sy van hom, Thor gehou het nie.

“Sover as wat dit jou betref,” sê sy, steel ‘n blik na hom, kyk dan weg. “Ek ken jou skaars. Ek het skaars nodig om gedruk te word om my gevoelens nou te verklaar. Maar ek sal sê dat ek nie dink ek sou tyd met jou spandeer het as ek jou soveel gehaat het nie. Natuurlik is dit my reg om my gedagtes te verander soos ek wil, en ek kan wispelturig wees---maar nie waneer dit by liefde kom nie.”

Dit was al wat Thor nodig gehad het. Hy was beindruk deur haar erns, en selfs meer beindruk met haar woord keuse: “liefde.” Hy voel vernuwe.

“En toevallig, kan ek jou dieselfde vraag vra,” sê sy, swaai die tafels om. “In elk geval, ek dink ek het baie meer om te verloor as jy. Na alles, ek is koninklik, jy is ‘n gewone. Ek is ouer en jy is jonger. Dink jy nie ek moes die een wees wat meer versigtig moes wees nie? Fluisteringe kom na my toe in die hof oor jou agenda, jou sosiale klim, van jou wat my net gebruik, omdat jy honger is vir rang. Jy wat gunste wil hê van die Koning. Moet ek dit alles glo?”

Thor was met afgryse vervul.

“Nee, my dame! Nooit. Hierdie dinge het nog nooit in my gedagtes opgekom nie. Ek is saam met jou net omdat ek nie kan dink waar anders om te wees nie. Net omdat ek wil wees. Net omdat waneer ek nie by jou is nie, ek aan niks anders dink nie.”

‘n Klein glimlaggie speel in die hoek van haar mond, en hy kon sien haar uitdrukking was besig om te verlig.

“Jy is nuut hier,” sê sy. “Jy is nuut aan Konings Hof, aan koninklike lewe. Jy het tyd nodig om te sien hoe dinge regtig werk. Hier, bedoel niemand wat hulle sê nie. Almal het ‘n agenda. Elkeen is besig om te hengel vir krag---of rang, of rykdom of titels. Niemand kan ooit geneem word op sigwaarde nie. Elkeen het hulle eie spioene, en faksies, en agendas. Toe Alton vir jou vertel het dat my troue met hom alreed gereël was, byvoorbeeld, wat hy eintlik probeer doen het was probeer uitvind hoe naby ek en jy aan mekaar is. Hy is bedreig. En hy mag dalk aan iemand raporteer. Vir hom, beteken huwelik nie liefde nie. Dit is ‘n samesyn. Suiwer vir finansieele gewin, vir rang, vir eiendom. In ons koninklike hof is niks soos wat dit voorkom nie.”

Skielik, kom Krohn verby hulle gehardloop, af met die bos paadjie en na ‘n oopte.

Gwen kyk oor na Thor and giggle; reik uot, gryp sy hand,en hardloop met hom.

“Kom aan!” skree sy, opgewonde.

Die twee van hulle hardloop af met die paadjie en bars tot in ‘n massiewe oopte, laggend, Thor was uit die veld geslaan met die sig: dit was ‘n pragtige bos vlakte gevul met wildeblomme van enige moontlike kleur tot by hulle knieë. Voëls en skoenlappers van elke kleur en grote dans en vlieg in die lug, en die laagte was lewendiig met die geluide van gekwetter. Die son skyn helder, en dit voel soos ‘n geheime plek, hier versteek te midde van die hoë donker bos.

“Het jy al ooit Blinde Hangman gespeel?” vra sy met ‘n lag.

Thor skud sy kop, en voor hy kon antwoord, vat sy ‘n sakdoek van haar nek af, reik op, en draai dit oor Thor se oë, bind dit agter vas. Hy kon nie sien nie, en sy giggel hard in sy oor.

“Jy is dit” sê sy.

Dan hoor hy haar weh hardloop in die grass.

“Maar wat moet ek doen?” roep hy uit.

“Kom vind my!” roep sy terug.

Haar stem was alreeds ver weg.

Thor, geblinddoek, begin agter haar aan hardloop, struikelend soos hy gaan. Hy luister aandagtig na die geruis van haar rok, probeer in haar rigting volg. Dit was moeilik, en hy hardloop met sy hande voor hom uit, dink hy mag dalk in ‘n boom vas hardloop, selfs al het hy geweet dit was ‘n oop laagte. Binne oomblikke was hy gedisorienteerd, en voel asof hy in sirkels hardloop.

Maar hy hou aan luister, hoor die geluid van haar giggel ver weg, en hou aan aanpas, hardloop daarna. Somtyds klink dit nader, dan verder. Hy was besig om duiselig te voel. Hy hoor Krohn langs hom hardloop, tjankend, en hy luister eerder vir Krohn, volg sy voetspore. Terwyl hy dit doen, hoor hy Gwen se giggel word harder, en Thor besef dat Krohn hom na Gwen toe lei, Hy was verbaas oor hoe slim Krohn was, om saam met hulle te speel.

Binnekort, kon hy haar hoor, net voete weg van hom af; hy jag haar, heen en weer elke manier deur die veld. Hy reik uit, en sy skree van genot waneer hy die hoek van haar rok vang. Toe hy haar gryp, struikel hy, en die twee van hulle val neer in die sagte veld. Hy spin om op die laaste sekonde, soda thy eerste sou val en sy bo-op hom, stuit haar val.

Soos Thor op die grond beland, Gwen bo-op hom, skree sy uit in verassing. Sy was steeds giggelend as sy op reik en die sakdoek wegtrek.

Thor se hart was hamerend as hy haar gesig net duime van syne weg sien. Hy voel die gewig van haar liggaam bo-op syne, in haar dun somer rok, voel elke kontoer van haar lyf. Die volle gewig van haar druk af op hom, en sy maak geen beweging om die teë te sit nie. Sy staar in sy oê, hulle asemhaling vlak, en sy kyk nie weg nie. Hy het ook nie. Thor se hart klop so vinnig, hy het gesukkel om te fokus.

Skielik, leun sy in en plant haar lippe op syne. Hulle was sagter as wat hy dit ooit kon droom, en soos hulle ontmoet, vir die eerste keer in sy lêwe, voel hy werklik lêwendig.

Hy sluit sy oë, en sy sluit hare, en hulle beweeg nie, hulle lippe ontmoet vir hy weet nie hoe lank nie. Hy wou hierdie tyd vries.

Uiteindelik, stadig, trek sy weg. Sy glimlag steeds, waneer sy haar oë stadig oopmaak, en sy bly steeds daar lê, haar liggaam op syne.

Hulle lê so vir ‘n lang tyd, staar in mekaar se oë.

“Waar het jy vandaan gekom?” vra sy, saggies, glimlaggend.

Hy glimlag terug. Hy het nie geweet hoe om te antwoord nie.

“Ek is net ‘n gewone seun,” sê hy.

Sy skud haar kop en glimlag.

“Nee jy is nie. Ek kan dit aanvoel. Ek vermoed jy is baie, baie meer as net dit.”

Sy leun in en soen hom weer, en sy lippe ontmoet hare, hierdie keer vir ‘n baie langer tyd. Hy reik op en trek sy hand deur haar hare, en sy trek hare deur syne. Hy kon nie sy gedagtes keer om te jaag nie.

Hy wonder alreeds hoe dit sou eindig. Sou hulle moontlik kon saam wees, met al die magte tussen hulle? Was dit moontlik dat hulle ‘n paartjie kon wees?

Thor hoop, meer as enigiets in sy lewe, dat hulle kon. Hy wou nou by haar wees, selfs meer as wat hy in die Legioen wou wees.

Terwyl hy hierdie dinge dink, kom daar ‘n skielike geruis in die gras, en die twee van hulle, verskrik, draai om. Krohn spring deur die gras, net voete weg, en daar kom ‘n ander ruiselende geraas. Krohn tjank, dan grom hy---dan kom daar ‘n sissende geraas. Uiteindelik is dit stil.

Gwen rol van Thor af terwyl hulle altwee sit en kyk. Thor spring tot op sy voets, beskermend teenoor Gwen, wonder wat dit kon wees.Hy het nie enigiemand gesien nie. Maar iemand---of iets---moes daar wees, slegs voete weg, in die lang gras.

Krohn verskyn voor hulle, en in sy mond, in sy klein, vleim-skerp tande, hang ‘n reuse, slap wit slang. Dit moes omtrent tien voet lank gewees het, die vel ‘n skitterende, blink wit, so dik soos ‘n groot boom tak.

Thor besef oombliklik wat gebeur het: Krohn het hulle twee gered van ‘n aanval van hierdie dodelike reptiel. Sy hart oorvloei in dankbaarheid vir die welpie.

Gwen snak na haar asem.

“’n Witrug,” sê sy. “Dit is die mees dodelike reptiel in die hele koninkryk.”

Thor staar na dit in verwondering.

“Ek het gedink die slang bestaan nie. Ek het gedink dit is net ‘n legende.”

“Dit is baie skaars,” sê Gwen. “Ek het dit nog net een keer gesien in my leeftyd. Die dag toe my pa, se pa doodgemaak is. Dit is ‘n voorbode.

Sy draai om en kyk na Thor.

“Dit beteken dood is oppad. Die dood van iemand baie naby.”

Thor voel ‘n koue rilling op sy ruggraat af. ‘n Skielike koue bries hardloop deur die vlakte op hierdie somer dag, en hy weet, met absolute sekerheid, dat sy reg was.

Ograniczenie wiekowe:
16+
Data wydania na Litres:
10 października 2019
Objętość:
291 str. 3 ilustracje
ISBN:
9781632912541
Format pobierania:
epub, fb2, fb3, ios.epub, mobi, pdf, txt, zip
Pierwsza książka w serii "Die Towenaar Se Sirkel"
Wszystkie książki z serii