Za darmo

‘n Soeke van Helde

Tekst
0
Recenzje
Oznacz jako przeczytane
Czcionka:Mniejsze АаWiększe Aa

HOOFSTUK-EEN-EN-TWINTIG

Thor draf af in die bos roete saam met die ander, hou die spies wat aan hom oorhandig is vir die jag. Langs hom was Reece, O'Connor, en Elden, saam met ten minste vyftig ander lede van die Legioen. Voor hulle ry ‘n honderd Silwer, te perd en in ligte wapenuitrustings, sommige dra kort spiese, maar die meeste met pyl en boog oor die rug gehang. Te voet tusssen hulle was dosyne edelmanne en dienaars.

Aan die voorkant is Koning MacGil, wat so massief en trots lyk soos altyd, ‘n opgewonde grinnik op sy gesig. Hy was omring deur sy seuns, Kendrick en Gareth, en Thor was verbaas om te sien, selfs Godfrey. Dosyne knegte het onder hulle gehardloop met'n paar van hulle wat terug leun en blaas op horings gemaak van lang ivoor tande; ander ruk aan blaffende honde, wat angstig hardloop uit om tred te hou met die perde. Dit was ‘n kompleet chaos. Soos die groot groep deur die bos storm, het hulle begin om te verdeel in elke rigting, en Thor het skaars geweet waar hulle gaan, of watter groep om te volg.

Erec het naby gery, en Thor en die ander besluit om sy roete te volg. Thor hardloop tot langs Reece.

"Waarheen is ons op pad?" vra hy vir Reece, uitasem soos wat hulle hardloop.

"Diep in die bos," roep Reece terug. "Die Koning se manne beplan om dae lank se wild terug te bring.”

"Hoekom is 'n paar van die Silwer op perde en ander te voet?" vra O'Connor vir Reece.

"Diegene op perde jag die makliker doodmaak manier, soos takbokke en voëls," het Reece gereageer. "Hulle gebruik hul boë. Diegene te voet mik vir die meer gevaarlike diere. Soos die geelstert varke.”

Thor was beide opgewonde en senuweeagtig met die noem van die dier. Hy het een gesien terwyl hy groot geword het; dit was 'n nare en gevaarlike kreatuur, bekend daarvoor om 'n man in twee te skeur met min provokasie.

"Die oudste krygers is geneig om te perd te bly en gaan vir takbokke en voëls," voeg Erec by en kyk af. "Die jongeres is geneig om te voet te gaan, en gaan vir die groter wild. Jy moet in 'n beter vorm wees vir dit, natuurlik.”

"Dit is waarom ons hierdie jag toelaat vir julle seuns," skree Kolk, wat hardloop saam met die ander nie ver weg nie, "dit is opleiding vir julle ook. Julle sal te voet wees deur die hele jag, en tred hou met die perde. Soos ons gaan, sal julle opbreek in kleiner groepe, en elkeen vurk neer in sy eie pad, en elkeen jag sy eie dier. Jy sal die mees boosaardige dier vind wat jy kan---en jy sal dit veg tot die dood. Dit is dieselfde eienskappe wat van jou ‘n soldaat maak: stamina, vreesloosheid, en nie terugstaan van jou teenstander, maak nie saak hoe groot of hoe kwaai. Gaan nou!” skree hy. Thor hardloop vinniger, net soos al sy broeders, hardloop om die perde in te haal soos hulle deur breek.

“ ‘n Pyl, vinnig!" skree Erec af.

Thor bars uit in aksie, hardloop tot langs Erec se perd, gryp 'n pyl uit die pylkoker op die saal, en oorhandig dit aan hom. Erec plaas dit in sy boog terwyl hy ry, dan stadiger, en neem ‘n bestendige skoot na iets in die bos.

"Die honde!"skree Erec.

Een van die Koning se dienaars laat los 'n blaffende hond, wat in die bosse in duik. Tot Thor se verbasing, vlieg 'n groot voël op, en soos dit vlieg, laat Erec die pyl los.

Dit was 'n perfekte skoot, reg aan die nek, en die voël val, dood. Thor was verstom oor hoe Erec dit raakgesien het.

"Die voël!" skree Erec uit.

Thor hardloop, gryp die dooie voël, warm, bloed wat uit sy nek stroom, en hardloop terug na Erec. Hy slinger dit op Erec se saal om te hang terwyl hy ry.

Rondom Thor, is baie ridders op 'n perd besig om dieselfde te doen, spoel voëls uit en skiet hulle af vir hul edelmanne om te gaan haal. Meeste gebruik pyle; sommige gebruik spiese. Kendrick trek sy spies terug, mik en gooi dit na 'n gemsbok. Dit was 'n perfekte skoot, reg in sy keel, en dit val ook.

Thor was verstom oor die oorvloed van wild in die bos, die hoeveelheid van die belonging wat hulle sal hulle sal tuis bring. Dit sou genoeg wees om Konings Hof te voed vir dae.

"Was jy al tevore op 'n jag?" roep Thor uit na Reece, verhoed skrams om vertrap te word deur een van die koning se manne soos hulle hardloop. Dit was moeilik om te hoor, met die geblaf van die honde, die horings blaas, en die gille van die mense, lag, seëvierende, as hulle een dier na die ander afmaai.

Die bos. Hy het skaars geweet watter rigting om te gaan, maar hy het gedink as hy naby aan Reece en O'Connor bly , sou hy reg wees.

Reece het 'n groot glimlag op sy gesig waneer hy oor ‘n stomp spring en voort hardloop.

"Baie keer! Maar net as gevolg van my vader. Hulle laat nie ons aansluit by die jag tot 'n sekere ouderdom. Dit is 'n opwindende ding---hoewel niemand geneig is om ongedeerd hier uit te kom nie. Meer as een man het al seergekry, of dood, waneer hulle wildevarke jag.”

Reece snak terwyl hy hardloop. "Maar ek het nog altyd te perd gery,” het hy bygevoeg. "Ek was nog nooit toegelaat om te voet te gaan, met die Legioen, nooit toegelaat om varke te jag nie. Dit is 'n eerste vir my!”

Die bos verander skielik, met dosyne paaie wat voor hulle uitstrek, elkeen verdeel in ‘n dosyn ander rigtings. Nog ‘n ramshoring blaas, en die groot groep begin op te breek in kleiner groepe.

Thor bly naby aan Erec en Reece en O'Connor sluit by hulle aan; hulle draai almal op 'n smal pad wat skerp afwaarts boog. Hulle hardloop en hardloop, Thor gryp sy spies styf as hy oor 'n klein spruit spring. Hul klein groep bestaan uit Erec en Kendrick te perd, Thor, Reece, O'Connor, en Elden te voet, maak ses van hulle---en toe Thor omkyk, merk hy twee lede van die Legioen agter hulle hatdloop, by hulle aansluit. Hulle was groot en breed, met golwende sanderige hare wat verby hul oë val, en groot glimlagte. Hulle lyk 'n paar jaar ouer as Thor---en hulle was 'n identiese tweeling.

"Ek is Conval," roep een van hulle uit na Thor.

"En ek Conven"

"Ons is broers," sê Convan.

"Tweeling!" voeg Convan by.

"Hoop jy gee nie om, as ons by jou aansluit nie," sê Conval vir Thor.

Thor het hulle al opgemerk in die Legioen, maar het hulle nog nooit ontmoet nie. Hy was gelukkig om nuwe lede te ontmoet, veral lede wat vriendelik met hom was.

"Gelukkig om julle te hê," het Thor uitgeroep.

"Hoe meer hande hoe beter," eggo Reece.

"Ek hoor die varke in die woud is groot," het Conval opgemerk.

"En dodelik," voeg Convan by.

Thor kyk na die lang spiese wat die tweeling dra, drie keer langer as syne, en wonder. Hy merk op dat hulle na sy kort spies kyk.

"Daardie spies sal nie lank genoeg wees nie," sê Conval.

"Hierdie wildevarke het groot tande. Jy het iets langer nodig, "sê Convan.

"Neem myne," sê Elden, hardloop na Thor en bied sy spies aan.

"Ek kan nie joune neem nie," sê Thor. "Wat sou jy gebruik?"

Elden haal sy skouers op. "Ek sal reg wees."

Thor is aangeraak deur sy vrygewigheid, en verwonder hom aan hoe verskillend hul vriendskap nou is.

"Neem een van myne," beveel 'n stem.

Thor kyk op en sien Erec ry tot langs hom en beduie na die saal, wat twee lang spiese hou.

Thor reik uit en gryp 'n lang spies uit die saal, dankbaar om dit te hê. Dit was swaarder en meer ongemaklik om mee te hardloop---maar hy het meer beskermd gevoel, en dit het geklink asof hy dit nodig sou hê.

Hulle hardloop en hardloop, totdat die lug brand in Thor se longe en hy het nie geweet of hy verder kon gaan nie. Hy was wakker, soekend om hom vir enige teken van 'n dier. Hy het beskermd gevoel met hierdie ander mans rondom hom, en onoorwinlik met 'n lang spies. Maar hy was nog baie senuweeagtig. Hy het nog nooit wildevark gejag nie, en het geen idee gehad wat om te verwag nie.

Met sy longe wat brand, breek die bos oop in 'n oopte en gelukkig, trek Erec en Kendrick hul perde tot stilstand. Thor aanvaar dat aan hulle ook toestemming het om te stop. Hulle almal staan daar, die agt van hulle in die bos, die seuns te voet snak na asem, en Erec en Kendrick klim van hul perde af. Die perde hyg, maar andersins was dit stil, die enigste geluid van die wind in die bome. Die geraas van die honderde ander mans wat deur die bos jaag is nou weg, en Thor besef hulle moet baie ver van die ander wees.

Hy kyk rond in die oopte, hygend.

"Ek het geen teken gesien van enige diere nie," sê Thor vir Reece. "Het jy?"

Reece skud sy kop.

"Die wildevark is 'n slim dier," sê Erec, en tree vorentoe. "Hy sal homself nie altyd wys nie. Soms sal hy die een wees wat jou dophou. Hy mag wag totdat jy onkant betrap is, en dan sal hy storm. Wees altyd jou hoede.”

"Kyk uit!" gil O'Connor.

Thor tol om en skielik bars 'n groot dier in die oopte met 'n groot geraas; Thor het teruggedeins, gedink hulle word aangeval deur 'n wildevark. O'Connor skree, en Reece draai om en gooi 'n spies na dit. Dit was mis, en die dier vlieg in die lug op. Dit was toe dat Thor besef dit was net 'n kalkoen, wat terug verdwyn in die bos.

Hulle lag almal, die spanning gebreek. O'Connor word bloedrooi en Reece lê 'n bemoedigende hand op sy skouer.

"Moenie bekommerd wees nie, vriend," sê hy.

O'Connor kyk weg, verleë.

"Daar is geen wildevarke hier nie," sê Elden. "Ons het 'n slegte pad gekies. Die enigste ding op hierdie pad is voëls. Ons sal terug gaan met leë hande.”

"Miskien is dit nie 'n slegte ding nie," sê Conval. "Ek hoor 'n wildevark stryd kan lewe en dood wees."

Kendrick bespied die bos rustig; Erec doen dieselfde. Thor kon sien op die gesigte van die twee mans dat daar iets daar was. Hy kon sien aan hul ervaring en wysheid dat hulle op hulle hoede was.

 

"Wel, die roete lyk of dit hier eindig," sê Reece. "So as ons aangaan, sal die bos ongemerk wees. Ons sal nie ons pad terug vind nie.”

"Maar as ons terug gaan, is ons jag verby," sê O'Connor.

"Wat sou gebeur as ons moet terugkeer met leë hande?" vra Thor. "Sonder 'n wildevark?"

"Ons sal die voorwerp van bespotting wees," sê Elden.

"Nee, ons sal nie," sê Reece. "Nie almal vind 'n wildevark nie. Trouens, dit is meer skaars om een te vind, dan nie.”

Terwyl die groep van hulle daar staan in stilte, asemhalings hard, kyk na die bos, besef Thor skielik hy het te veel water gedrink. Hy het dit ingehou deur die hele jag en nou het hy so 'n pyn in sy blaas, het hy kon dit skaars inhou.

"Verskoon my," sê hy, en baan sy weg na die bos.

"Waar gaan jy?" vra Erec, versigtig.

"Ek moet net myself verlig. Ek sal nou terug wees.”

"Moenie ver gaan nie," waarsku Erec.

Thor, self-bewus, haas in die bos in en was omtrent twintig treë van die ander, voordat hy 'n plek vind net uit die oog.

Net toe hy homself klaar verlig het, skielik, hoor hy 'n stokkie breek. Dit was hard en duidelik, en hy het geweet---hy het net geweet---dit was nie vanaf ‘n mens nie.

Hy draai stadig om, die hare stygend op die agterkant van sy nek, en kyk. Voor, miskien nog tien treë verder, was nog 'n klein oopte, met 'n rots in die middel. En daar, op die basis van die rots, was beweging. 'N klein diertjie, hy kon nie sê wat nie.

Thor debatteer of hy moet terug gaan na sy mense of om te sien wat dit was. Sonder om te dink, kruip hy vorentoe. Wat die dier ookal was, hy wou dit nie verloor nie, en as hy terug gaan, mag die dier dalk weg wees as hy terugkeer.

Thor staan nader, hare orent want die bos word dikker en daar was al minder beweegruimte. Hy kon niks sien nie behalwe digte bos, die son sny met skerp hoeke. Uiteindelik bereik hy die oopte. Soos hy genader het, verlig hy sy greep op sy spies, en laat sak dit na sy heup. Hy was uit die veld geslaan deur wat hy voor hom sien in die oopte, in 'n kol van sonlig.

Daar, in die gras gewriemel langs die rots, was 'n klein luiperd welpie. Dit sit daar, wriemel en huilend, met geskreefte oë kyk dit in die son in. Dit lyk asof dit pas gebore was, skaars 'n voet lank, klein genoeg om binne in Thor se hemp te pas.

Thor staan daar, stomgeslaan. Die welpie was heeltemal wit, en hy het geweet dit moet die welpie wees van die wit luiperd, die skaarsste van alle diere.

Waneer hy ‘n skielike geruis van blare agter hom hoor, draai hy om, om die hele groep na hom te sien haas, Reece in die voortou, en lyk bekommerd. In oomblikke, was hulle by hom.

"Waarheen het jy gaan?" vra hy. "Ons het gedink jy is dood.”

Toe hulle almal tot langs hom kom en afkyk na die welpie, kon hy hoor hulle snak in skok.

"’n Gewigtige teken," sê Erec vir Thor. "Jy het die vonds van 'n leeftyd. Die skaarsste van alle diere. Dit is alleen gelaat. Dit het niemand om vir dit te sorg nie Dit beteken dit is joune. Dit is jou plig om dit groot te maak.”

"Myne?" vra Thor, verward.

"Dit is jou plig," voeg Kendrick by. "Jy het dit gevind. Of moet ek liewer sê, dit het jou gevind het.

Thor is verstom. Hy het skape opgepas, maar hy het nog nooit 'n dier in sy lewe groot gemaak nie, en hy het geen idee gehad wat om te doen nie.

Maar terselfdertyd, voel hy reeds 'n sterk verwantskap met die dier. Die klein, lig blou oë gaan oop en blyk om net na hom te staar.

Hy nader dit, buk af, en tel dit in sy arms op. Die dier reik op en lek sy wang.

“Hoe sorg mens vir 'n luiperd welpie?" vra Thor, oorweldig.

"Ek dink op dieselfde manier as vir enigiets anders,” sê Erec."Gee dit kos waneer dit honger is.”

"Jy moet dit ‘n naam gee," sê Kendrick.

Thor wonder, verbaas dat dit sy tweede keer was om ‘n dier te benoem is soveel dae. Hy onthou 'n storie uit sy kinderdae, oor 'n leeu wat ‘n dorp terroriseer het.

"Krohn," sê Thor.

Die ander knik terug in goedkeuring.

"Soos die legende," sê Reece.

"Ek hou daarvan," sê O'Connor.

"Krohn is dit," sê Erec.

Toe Krohn sy kop laat sak teen Thor se bors, voel Thor 'n sterker band met dit as met enigiets wat hy ooit gehad het. Hy kon nie help nie, maar voel asof hy reeds vir Krohn vir leeftyd ken as die dier wriemel en skree op hom.

Skielik kom daar 'n kenmerkende klank, een wat die hare agter Thor se nek laat rys, en hy draai vinnig om en staar na die lug.

Hoog bo, was Estopheles. Dit het skielik laag geduik, reg vir Thor se kop, skreeuend terwyl dit sak, voor dit op die laaste sekonde opvlieg.

Thor het eers gewonder of dit jaloers was op Krohn. Maar dan, met 'n split sekonde te spaar, besef Thor: sy valk het hom gewaarsku.

'N Oomblik later kom daar 'n duidelike geraas van die ander kant van die bos. Dit was 'n geritsel, gevolg deur 'n stromloop---en dit alles gebeur te vinnig.

As gevolg van die waarskuwing, het Thor 'n voordeel---hy het dit gesien kom en spring uit die pad met 'n sekonde te spaar, as 'n massiewe wildevark reguit op hom afstorm. Dit mis hom met 'n haarbreedte.

Die oopte het in chaos ontaard. Die wildevark storm die ander, wreedaargig, swaai sy tande in alle rigtings. In een slag, het dit, dit reggekry om O'Connor se arm te sny, en bloed bars uit as hy dit gryp, skreeuend.

Dit was soos om 'n bul om te veg, maar sonder die behoorlike wapens. Elden probeer om dit te steek met sy lang spies, maar die wildevark draai sy kop om, slaan toe op dit met sy enorme tande, en in een skoon beweging byt hy dit in twee. Toe draai die wildevark om en storm Elden, slaan hom in die ribbes; Gelukkig vir Elden, het hy net-net gemis om uitmekaar geskeur te word deur sy slagtande.

Die wildevark was onstuitbaar. Dit was uit vir bloed, en dit sou hulle duidelik nie alleen laat totdat dit gehad het nie.

Die ander geweet en kom in aksie. Erec en Kendrick trek hul swaarde, net soos Thor, Reece, en die ander.

Hulle almal omring die dier, maar dit was moeilik om te tref, veral met sy drie-voet-lange tande wat hulle verhinder om enige plek naby aan dit te kom. Dit hardloop in sirkels, jaag hulle rond in die oopte. Terwyl hulle beurte maak om aan te val, kry Erec ‘n direkte kolskoot, sny dit op sy kant; maar die wildevark moes van staal gemaak wees, want dit hou net steeds aan.

Dit was toe dat alles verander. Vir 'n kort oomblik, vang iets Thor se oë, en hy draai om en kyk in die bos. In die verte, weggesteek agter die bome, kon hy sweer hy het 'n man met 'n swart, kappie dekmantel gesien; Hy het gesien hoe hy 'n pyl en boog lig en mik dit reg vir die oopte. Hy blyk nie om vir die wildevark te mik nie, maar op die mans.

Thor wonder of hy dinge sien. Kon hulle onder aanval wees? Hier? In die middel van nêrens? Deur wie?

Thor laat toe dat sy instink oor neem. Hy voel aan dat die ander in gevaar was, en hy haas na hulle. Hy sien die man met sy boog mik vir Kendrick.

Thor duik vir Kendrick. Hy duik hom hard, gooi hom op die grond, en soos hy dit doen, vlieg die pyl 'n oomblik later verby, dit hom rakelings gemis.

Thor kyk onmiddellik terug na die bos, op soek na tekens van die aanvaller. Maar hy was weg.

Maar hy het nie tyd gehad om te dink nie; die wildevark is steeds soos 'n besetene naellopend oor die oopte, net meters weg van hulle. Nou draai dit in hul rigting, en Thor het nie tyd om te reageer nie. Hy stut homself vir die impak as die lang, skerp tande direk vir hom kom.

‘n Oomblik later kom daar 'n hoë-opgeslaande gil; Thor draai om net om te sien Erec spring op die dier se rug, lig sy swaard hoog met albei hande, en druk dit in die agterkant van sy nek in. Die dier brul, die bloed spuit uit sy mond waneer dit strompel tot op sy knieë, dan neerstort op die grond, Erec bo-op dit. Dit kom tot 'n stilstand net voete weg van Thor af.

Almal staan gevries in plek, kyk na mekaar---en wonder wat op aarde het nounet gebeur.

HOOFSTUK-TWEE-EN-TWINTIG

Thor, wat vir Krohn in sy hemp dra, was oorweldig deur die geraas to Reece die deur oopmaak van die bierhuis. 'n Groot groep wagtende Legioen lede en soldate, propvol binne, ontmoet hulle met 'n geroep. Dit was gepak en warm binne, en Thor is onmiddellik vasgedruk tussen sy broederss, skouer aan skouer. Dit was 'n lang dag van jag, en hulle het almal hier vergader, by hierdie bierhuis diep in die bos, om te vier. Die Silwer het die pad geleit, en Thor, Reece en die ander het gevolg.

Agter Thor, het die tweeling, Conval en Conven, hulle waardevolste besitting gedra, die wildevark, groter as enige iemand anders sin, op 'n lang paal oor hul skouers. Hulle moes dit neersit buite die kroeg deure voor hulle inkom. Thor gee 'n laaste blik terug, dit lyk so gevaarlik, was, was dit moeilik om te dink dat hulle dit dood gemaak het.

Thor voel 'n gewriemel n in sy baadjie en kyk af om sy nuwe metgesel, Krohn te sien. Hy kon skaars glo dat hy eintlik 'n wit luiperd welpie dra nie. Dit staar na hom met sy kristal blou oë en piep. Thor voel aan dat hy honger was.

Thor is in die bierhuis ingewoel, dosyne meer mans stroom in agter hom, en hy het dieper in die klein, oorvol plek wat omternt twintig grade warmer hier binne moes wees---om nie van bedompig te praat nie. Hy volg Erec en Kendrick, en op sy beurt is gevolg deur Reece, Elden, die tweeling, en O'Connor, wie se arm verbind was van die wildevark se sny, maar het uiteindelik opgehou bloei. O'Connor was meer verdwaas as seergemaak. Sy goeie gees het teruggekeer, en hulle hele groep skuifel diep in die kamer.

Dit was gepak skouer aan skouer, so styf dat daar skaars plek was om selfs draai. Daar was lang banke, en 'n paar manne gestaan, terwyl ander sit, sing drink liedjies en slaan hul bierkruike teen hul vriende sin, of slaan hulle op die tafel. Dit was 'n rumoerige, feestelike omgewing, en Thor het nog nooit so iets gesien nie.

"Die eerste keer in 'n alehouse?" vra Elden, so te sê skreeuend om gehoor te word.

Thor knik terug, voel weer soos n landelike rot.

"Ek is seker jy het nog nooit 'n kruik vol bier gehad nie,het jy?" Vra Conev, klap hom op die skouer met 'n lag.

"Natuurlik het ek," skiet Thor defensief teug.

Hy bloos, nogtans en hoop niemand kon agterkom nie, want, in werklikheid, het hy nog nooit werklik bier gehad nie, behalwe van die klein slukkie by die troue. Sy pa het nooit bier toegelaat in die huis. En selfs as hy gedoen het, was hy seker dat hy kon dit nie bekostig nie.

"Baie goed dan!" roep Conval. "Kroegman, gee ons 'n ronde van jou sterkste. Thor hier is 'n ou pro!”

Een van die tweeling sit 'n goue muntstuk neer. Thor was verstom oor die geld wat hierdie seuns dra; Hy het gewonder van watter familie hulle afkomstig was. Daardie muntstuk kon sy familie 'n maand gehou het terug in sy dorp.

‘n Oomblik later was 'n dosyn kruke skuimended bier oor die toonbank gegly en die seuns stoot hul pad deur en gryp hulle; 'n kruik word in Thor se hand ingestop. Die skuim drup oor die kant van sy hand, en sy maag gedraai in afwagting. Hy was senuweeagtig.

“Op ons jag!" roep Reece uit.

“OP ONS JAG!" eggo die ander.

Thor volg die ander, probeer om natuurlik op te tree as hy die skuimende vloeistof na sy lippe bring. Hy neem 'n sluk, en haat die smaak, maar sien die ander gulsig drink, sonder om it van hulle lippe weg te neem totdat dit klaar was. Thor het verplig gevoel het om dieselfde te doen, of anders lyk soos 'n lafaard. Hy dwing homself om dit te drink, sluk dit so vinnig hy kan, totdat uiteindelik, halfpad deur, sit hy dit neer, hoesend.

Die ander kyk na hom, en brul van die lag. Elden klap hom op die rug.

"Dit is jou eerste keer, is dit nie?" vra hy.

Thor word bloedrooi as hy skuim van sy lippe af vee. Gelukkig, voordat hy kan antwoord, kom daar 'n geroep in die kamer, en hulle draai almal om, en sien 'n paar musikante baan hulle weg in. Hulle het begin speel op harpe en fluite, klinkende simbale en die rumoerige atmosfeer verhoog.

"My broer!" kom 'n stem.

Thor draai en sien 'n seun 'n paar jaar ouer as hy, met 'n klein maag, maar tog breë skouers, ongeskeerde, ietwat slordig, stap vorentoe en omhels Reece in 'n ongemaklike drukkie. Hy het drie metgeselle, wat ewe slordig lyk.

 

"Ek het nooit gedink ek sal jou hier vind nie!" voeg hy by.

"Wel, een keer in 'n rukkie het ek nodig om te volg in my broer se voetspore, nie waar nie?” skree Reece terug met 'n glimlag. "Thor, ken jy my broer, Godfrey?"

Godfrey draai en skud Thor se hand, en Thor kon nie help nie, maar sien hoe glad en mollig dit was nie. Dit was nie 'n vegter se hand.

"Natuurlik ken ek die nuweling," sê Godfrey, leun in te naby en sleep sy woorde. "Die hele koninkryk is die lewendig met stories oor hom. ‘n Goeie vegter hoor ek,” sê hy vir Thor. “Net jammer. Wat 'n vermorsing van 'n talent vir die bierhuise!”

Godfrey leun terug en brul van die lag, en sy drie metgeselle by hom aangesluit. Een van hulle, 'n kop langer as die ander, met 'n groot maag, helder rooi wange, en deurtrek met drank, leun vorentoe en klem 'n hand op Thor se skouer.

"Dapperheid is 'n goeie eienskap. Maar dit wat jy stuur na die slagveld, en hou jou koud. Om 'n dronklap te wees is 'n beter eienskap: dit hou jou veilig en warm---en verseker 'n warm dame aan jou kant!”

Hy brul van die lag, net soos die ander, en die kroegman sit vars bekers vol dier vir almal van hulle neer. Thor het gehoop hy sou nie gevra word om te drink; hy kon voel reeds die bier voel opvloei na sy kop.

"Dit was sy eerste jag vandag!" skree Reece uit na sy broer.

"Was dit dan?" antwoord Godfrey. "Wel, dit verdien 'n drankie, is dit nie?"

"Of twee!" eggo sy lang vriend.

Thor kyk af wanneer nog ‘n kruik in sy palm gedruk word.

"Op eerstes!" roep Godfrey uit.

"OP EERSTES!” eggo die ander.

"Mag jou lewe gevul word met eerstes," eggo die lange, "behalwe vir die eerste keer om nugter te wees!”

Hulle het almal het geskater van die lag terwyl hulle drink.

Thor sluk syne, dan probeer om weg te kom deur die bier te laat sak---maar Godfrey het hom gevang.

"Dit is nie die manier waarop jy dit drink, seun!" Godfrey gil. Hy tree na vore, gryp die kruik, druk dit aan Thor se lippe, en die mans almal lag as Thor dit af sluk. Hy sit dit neer, leeg, en hulle gejuig.

Thor gevoel lighoofdig. Hy het begin om buite beheer te voel, en dit was moeiliker om te fokus. Hy het nie van die vegvoel gehou nie.

Thor voel nog ‘n gewriemel in sy hemp, wanneer Krohn sy kop oplig.

"Wel, wat het ons hier!" Godfrey skree in vreugde.

"Dit is 'n luiperd welpie," sê Thor.

"Ons het dit gevind op die jag," voeg Reece by.

"Hy is honger," sê Thor. "Ek is nie seker wat om hom te voer nie."

"Hoekom, natuurlik, bier!" Het die lang man geskree.

"Regtig?" vra Thor. "Is dit gesond vir hom?"

"Natuurlik!" gil Godfrey. "Dit is net hops, seun!"

Godfrey reik uit, doop sy vinger in die skuim, en hou dit uit; Krohn leun vorentoe en lek dit. Hy lek weer en weer.

"Kyk, hy hou van dit!"

Godfrey het skielik sy vinger terug getrek met 'n gil. Hy hou dit op en wys die bloed.

"Skerp tande op daardie een!" skree hy uit----en die ander bars uit van die lag.

Thor reik af, streel Krohn se kop, en kantel die oorblyfsel van sy drankie in die luiperd se bek. Krohn lek dit op, en Thor neem homself voor om regte kos te vind. Hy het gehoop Kolk sou hom in die kaserne laat bly en dat nie een van die Legioen beswaar sou maak nie.

Die musikante verander hul liedjie, en verskeie meer vriende van Godfrey verskyn. Hulle kom oor, sluit aan in 'n nuwe ronde van drank, en lei Godfrey weg, terug in die skare.

"Ek sal jou later sien, jong man," sê Godfrey vir Reece, voor hy gaan. Toe draai hy om Thor: "Hopelik sal jy meer tyd spandeer in die bierhuis!

"Hopelik sal jy meer tyd spandeer op die slagveld," roep Kendrick terug.

"Ek twyfel dit!" sê Godfrey en brul van die lag met die res van sy bondgenote, soos hy in die skare verdwyn.

"Vier hulle altyd soos hierdie?" vra Thor vir Reece.

"Godfrey? Hy is in die bierhuise sedert hy kon loop. ‘n teleurstelling vir my pa. Maar hy is tevrede met homself. "

"Nee, ek bedoel die Koning se manne. Die Legioen. Is daar altyd 'n uitstappie na die bierhuis?”

Reece skud sy kop.

"Vandag is 'n spesiale dag. Die eerste jag, en die somersonstilstand. Dit gebeur nie so dikwels. Geniet dit terwyl dit doen.”

Thor is toenemend gedisoriënteerd as hy kyk in die kamer rond kyk. Dit was nie waar hy wou wees. Hy wou terug wees in die kamp, oefen. En sy gedagtes dwaal, weereens na Gwendolyn.

"Het jy 'n goeie blik op hom gekry?" vra Kendrick, toe hy oorkom na Thor.

Thor kyk na hom, verbaas.

"Die man in die bos, wat die pyl geskiet het?" voeg Kendrick by.

Die ander drom rondom naby, probeer om te hoor soos die bui ernstig raak.

Thor probeer weer om te onthou, maar hy kon nie. Alles was vaag.

"Ek wens ek het," sê hy. "Dit het alles so vinnig gebeur."

"Miskien was dit net een van die koning se ander mans, wat per ongeluk in ons rigting geskiet het,” sê O’Connor.

Thor het sy kop geskud.

"Hy was nie geklee soos die ander nie. Hy alles swart gedra en 'n mantel en kap. En hy het net een pyl geskiet, wat reguit vir Kendrick gemik was, dan verdwyn. Ek is jammer. Ek wens ek het meer gesien.”

Kendrick het sy kop geskud, probeer om te dink.

"Wie sou jou dood wil hê?" vra Reece vir Kendrick.

"Was dit 'n sluipmoordenaarr?" vra O'Connor.

Kendrick het sy skouers opgehaal. "Ek het geen vyande wat ek van weet."

"Maar Vader het baie," sê Reece. "Miskien wil iemand jou doodmaak om hom by te kom."

"Of miskien wil iemand jou uit die weg vir die troon he," Elden postuleer.

"Maar dit is absurd! Ek is onwettig! Ek kan nie die troonerg nie!”

Terwyl hulle almal hul koppe skud, hul bier geniett en probeer om dit uit te syfer, kom daar 'n ander skree in die kamer, en al die manne se aandag draai na die trap boontoe. Thor kyk op, sien 'n string van vroue loop uit 'n boonste gang, staan teen die reeling, en kyk af na die kamer. Hulle is almal skamel geklee en dra te veel grimering.

Thor bloos.

"Wel, hello, manne!" roep die dame aan die voorkant, met 'n groot boesem en geklee in 'n rooi kant nommertjie.

Die mans het gejuig.

"Wie het geld om vanaand te spandeer?" vra sy.

Die mans juig weer.

Thor se oë rek wyd oop in verrassing.

"Is dit ook 'n bordeel?" vra hy.

Die ander het omgedraai en kyk na hom in geskokte stilte, dan breek hulle uit van die lag.

"My God, jy is naïef, is jy nie!" sê Conval.

"Vertel my jy was nog nooit in 'n bordeel nie?" sê Convan.

"Ek is seker hy was nog nooit saam met 'n vrou!" sê Elden.

Thor voel hulle almal na hom kyk, en hy voel sy gesig word so rooi soos 'n beet. Hy wou net verdwyn. Hulle was reg: hy was nog nooit met 'n vrou nie. Maar hy sal nooit dit vir hulle sê nie. Hy het gewonder of dit was duidelik uit sy gesig.

Voordat hy kon reageer, reik een van die tweeling uit, druk 'n ferm hand op sy rug, en gooi 'n goue muntstuk na die vrou op die trappe.

"Ek glo dat jy jou eerste kliënt!" skree hy.

Die kamer juig, en Thor, ten spyte van sy stoot en trek en verset, voel homself vorentoe gestoot deur dosyne van die mans, deur die skare en op by die trappe. Soos hy gaan is, sy kop gevul met gedagtes van Gwen. Oor hoe hy lief vir haar is. Hoe hy nie saam met iemand anders wou wees nie.

Hy wou om draai en hardloop. Maar daar was letterlik geen ontsnapping nie. Dosyne van die grootste manne wat hy nog ooit gesien het, druk hom vorentoe, en het nie terugval toegelaat nie. Voordat hy geweet het, was hy die trappe op, op die boonste trap, staar na 'n vrou langer as hy, wat te veel parfuum dra en glimlag af na hom. Om sake te vererger, Thor was dronk. Die kamer was definitief besig om uit beheer te tol, en hy het gevoel dat in 'n oomblik sal hy in duie stort.

Die vrou reik af, trek Thor se hemp, lei hom ferm in 'n kamer, en klap die deur agter hulle. Thor is vasbeslote om nie met haar te wees nie. Hy hou sy gedagtes gedagtes van Gwen, en dwing hulle tot die voorgrons. Dit was nie hoe hy wou hê dat sy eerste ervaring moes wees.

Maar sy gedagtes luister nie. Hy was so dronk, hy kon nou skaars sien. En die laaste ding wat hy onthou, voordat hy sy bewussyn verloor, was om gelei te word deur die kamer, in die rigting van 'n vrou se bed, en hoop hy gaan dit maak voordat hy die vloer tref.